Wednesday, 15 January 2014

Skatkis vol liefde


Watter skatkis sal jy kies?

Ek sĂȘ vir die Here baie dankie vir Sy vreeslike baie liefde, vir Sy wonderwerke dade in ons lewe.  Hy verduidelik dat Sy wonderwerkende krag alleenlik deur ons lewe sigbaar kan word wanneer ons waarlik daarin begin glo, wanneer ons waarlik in Hom begin glo.  Hy wys my 3 groot goue skatkiste en sit 'n goot goue sleutel in my hand.

Sunday, 15 December 2013

Leef in God se hart


Hierdie gedeelte het die Here vir my kom leer oor my eie lewe en ek deel dit graag met almal, want ons almal maak hierdie fout.  Ons gee ons harte vir die Here, maar nie voluit nie.  Eintlik woon ons dan nogsteeds in ons eie hart en nie in God se hart nie.  Ons gaan probeer God se vrugte dra, maar ons gaan fustreerd raak, want ons kry dit nie reg nie.  En toe het die Here my kom leer hoekom:

Friday, 6 December 2013

Klein swart mannetjies wat jou siel verwoes

In die Gees vat God my na 'n woud - daar is baie bome wat na aan mekaar staan en die toppe van die bome is baie dig. Daar kom geen lig deur nie, dis verskriklik donker.

Daar is klein swart mannetjies wat vinnig rondhardloop tussen die die stamme en hulle kap of sny die bome se basse stukkend met byltjies....

Die Bruid


 
Hierdie is 'n storie wat  HG op 'n dag vir my onder gebed, terwyl ek met God gesels, vertel het.

Eendag was daar n Koning en n Prins. Die Prins was oud genoeg dat die tyd aangebreek het dat die Prins n bruid moes kry.