Jesus het gesterf aan die kruis, Sy bloed het gevloei vir ons
aan die kruis. Hy is afgehaal van die kruis af, gebalsem met olie en toegedraai
in die heiligste lappe ooit..
In die Gees wys God vir my Jesus se kruisiging en hoe hulle
Jesus se liggaam van di kruis afhaal. En in die plek van die kruis wys God vir
my 'n groot donkerrooi roos in knopstadium. Die roos is so groot, dit vat die
hele prentjie van die kruis weg. En God sê: "Jesus is die Roos van
Saron"
In die Gees wys God dat Jesus in 'n graf gesit is wat God vir
Hom voorberei het, dit was nie enige graf nie, dit was in 'n pragtige tuin.
Daar was bloedrooi rose in die tuin en net soos ons roosblare op 'n graf gooi,
het Jesus se mense blare van hierdie bloedrooi rose om Hom in die graf
gestrooi...
Normale roosblare wat ons op 'n graf gooi, gaan vinnig dood,
maar die roosblare wat om Jesus gegooi is, het nie verlep en doodgegaan nie,
dit het rooi gebly, dit het bly lewe, die rooi van die blare dui op die bloed
van Jesus wat lewe gee. Jesus het weer lewend geword en opgestaan uit die dood
- Hy Lewe!!! En God sê: "Jesus is die Roos van Saron"
Dis interressant in Mark 14 het 'n vrou 'n fles met egte kosbare
nardussalf gevat en die olie op Jesus se hoof gegooi. Daar was mense wat
verontwaardig was daaroor en het gesê dis verkwisting, maar Jesus het
geantwoord en gesê: (8) Wat sy kon, het sy gedoen. Sy het vooruit al My liggaam
vir die begrafnis gesalf" Hierdie nardusolie waarvan hulle praat, is ook
'n tipe roosolie, want 'n nardus is 'n tipe roos.
Die eerste ding wat by my opkom as ek dink aan 'n roos is die
lieflike geur wat dit afgee. En Jesus word vergelyk met die roos van Saron en
gee dus 'n lieflike geur af. Interressant oor die roos van saron is dat dit
nie'n roosbos is, maar dis meer soos 'n Hibiscus en die bos het glad nie
dorings nie. Dit dui net op die wonderlike persoonlikheid van Jesus - Hy het
nooit met "dorings" geloop en ander gesteek soos ons doen nie.
Eers wanneer jy waarlik Jeus aanneem as jou Verlosser en
Saligmaker, word Jeus "Lewe" vir jou. Dan staan Hy vir jou uit
daardie graf uit op, want as jy nog nie waarlik vir Jesus aangeneem het nie, is
Jesus vir jou eintlik nog in die graf. Jesus het waarlik opgestaan, maar dis
die mens wat Hom hou in die graf.
En as Jesus nog nie Lewe is vir iemand nie, het Jesus nog nie
vir daardie persoon opgestaan nie en het die roosblare ook nie vir daardie
persoon enige betekenis nie. Eers as Jesus vir jou Lewe word, staan Jesus uit
die graf uit op en begin die roosblare ook weer lewe.
Roosblare word gebuik om olie te maak, die lieflikste geurigste
olie. En as Jesus dan vir jou Lewe geword het, word jy gesalf deur God met
daardie roosolie. Ek het nie die salwing verstaan nie, en het vir die Here
gevra: Hoe werk die salwing? En die Here het my verduidelik dat ons eers die HG
moet hê voor Hy ons salf.
As ons Jesus aangeneem het en waarlik liefraak vir God, stuur
die Here die HG in ons binneste om te kom werk in ons Gees. En as die HG binne
ons is, en God weet ons hart is opreg, dan salf God ons met die olie van die
roosblare wat lewendig geword het in die graf van Jesus.
Wanneer God ons salf, salf Hy ons aan die buitekant met die
olie. Want ons moet 'n lieflike geur afgee vir God. (2Kor 2:14,15: "Maar
God sy dank wat ons altyd laat triomfeer in Christus en wat die reuk van Sy
kennis deur ons oral versprei. 15 Want ons is 'n aangename geur van Christus
tot eer van God onder die wat gered word en onder die wat verlore gaan)
As ons Gees Godvresend is, trek ons Gees (wat ons diepste wese
is), die olie na binnekant toe.
Ek het vir die Here gevra wat is die bedoeling van die olie, van
die salwing? Hoe sien God ons dan? En God het gese:
"A SANCTIFIED TREASURE, BELONGING TO GOD"
" GOD'S POSSESSION"
So as God ons salf, behoort ons regtig aan Hom, Hy sien ons as
Sy kosbare besitting wat Sy salwing intrek na binne toe en wat ook Sy reuk
versprei. Olie maak ook dat ons blink, so dit gee 'n glans aan ons in die
geestewêreld. (dis nie dieselfde as die lig wat ons moet uitstraal nie, want
die lig kom van binne af as Jesus binn-in ons lewe)
Die vyand hou niks van hierdie reuk of van die glans nie, en sal
ons nie kan verdra nie. 2 Kor 2:16: "vir die laaste 'n reuk van die dood
tot die dood, maar vir die eeste n reuk van die lewe tot die lewe"
Jesus moes sterf om beloftes wat God aan die mens gemaak het, te
volbring. Sonder Jesus sou God nie daardie beloftes aan die mensdom kon bied
nie. En een van die beloftes wat deur Jesus Christus vir ons in werking gestel
is, is die salwing van God af. Jesus se dood het vir ons salwing van God af
gebring. Maar soos ek al voorheen baie gesê het: God se beloftes word in ons
lewe eers vrygestel as ons gehoorsaam is.
Eph 5:2: "Live in love as Christ also loved us. He gave His
life for us as an offering and sacrifice, A SOOTHING AROMA TO GOD"
Ek smeek U Here Jesus Christus, om vir almal wat U nie beleef as
"Lewe" nie, die begeerte sal gee om na U te soek, 'n begeerte om U te
ken , dat hulle U sal begin soek en soek en soek totdat hulle U vind, totdat U
hulle die reuk van die roosblare sal kry, want U is die Roos van Saron. Dat
hulle U sal soek totdat U Lewe word in hulle en U bloed begin vloei deur hulle.
Amen


No comments:
Post a Comment