Sunday, 15 December 2013

Leef in God se hart


Hierdie gedeelte het die Here vir my kom leer oor my eie lewe en ek deel dit graag met almal, want ons almal maak hierdie fout.  Ons gee ons harte vir die Here, maar nie voluit nie.  Eintlik woon ons dan nogsteeds in ons eie hart en nie in God se hart nie.  Ons gaan probeer God se vrugte dra, maar ons gaan fustreerd raak, want ons kry dit nie reg nie.  En toe het die Here my kom leer hoekom:

Tydens gebed in die Gees, staan ek op die strand.  Ek wil net graag weer verduidelik:  as ek se ek is in die Gees by Jesus, kan ek Hom baie duidelik voel en hoor, nie altyd duidelik sien nie.  As ek in die Gees hierdie wonderlike ondervindinge het, is dit nie fisies soos ons fisies sien nie, dit is baie op emosies ingestel.  Jou oog sien nie in die Gees soos in die fisiese nie, maar jou gevoel en emosies is BAIE sterker as in fisiese lewe.

Ek beleef dat dat ek langs Jesus op die strand staan en Hy trek met Sy vinger n groot hart om ons op die plek waar ons staan. Jesus se so moet ons altyd baie naby aan Hom bly - BINNE-IN Sy hart. Ons moenie uit hierdie hart uitbeweeg nie. En dan skryf Jesus met sy vinger weer op die sand, maar hierdie keer binne-in die hart waar ons staan. En die volgende woorde skryf Hy onder mekaar aan die regterkant van die hart met Sy vinger:  " Liefde, Vrede, Geloof, Vreugde, Sagmoedigheid".  Net hierdie 5 skryf Hy eers onder mekaar. En Hy se die belangrikste is Liefde! Hy wys my daarop dat ons binne-in die hart staan en die hart staan ook vir Liefde! God is Liefde! So as ons IN Liefde staan teenoor Jesus, sal ons die dinge wat Jesus binne-in die hart geskryf het, ontvang en uitleef. As ons nie binne-in die hart saam met Jesus staan nie, gaan ons nie daardie eienskappe kan ontwikkel en uitleef nie.

Jesus se hart klop vir elkeen van ons en Hy sê: "Ken die ritme van My hart vir jou, ken My hartklop - dis vir jou". Ons moet God se harklop vir ons ken en verstaan, ons moet weet wat God se ritme van Sy hart vir ons is. Daarom moet ons in Sy arms wees, anders gaan ons nie Sy hartklop vir ons hoor klop nie, ons gaan nie hoor wat God se plan vir ons is nie.

God is Liefde! Ons moet moet binne-in God bly, dan bly ons binne-in die Liefde, binne-in die hart! En eers as ons binne-in Liefde bly, kan die Goddelike eienskappe of vrugte wat Jesus binne-in die hart geskryf het, begin ontwikkel in ons, maar die "voorwaarde" is dat ons IN Liefde, IN God moet bly! Die Here gee vir my 1 Joh 4 om te gaan lees.

Die hele gedeelte vanaf v 7-21 gaan oor Liefde. Dat God ons so lief gehad het dat Hy Sy Seun vir ons gegee het. Dit is hoe God Sy liefde aan ons openbaar het. En daarom moet ons ook in liefde teenoor mekaar leef, want dan leef ons in God en God in ons. Die eienskappe wat Jesus binne-in die hart geskryf het, moet ons teenoor ons naastes uitleef. As ons dit kan doen, het God se liefde in ons volmaak geword.

V16: GOD IS LIEFDE; EN HY WAT IN DIE LIEFDE BLY, BLY IN GOD, EN GOD IN HOM 

Ek dink aan die liedjie: "God is Liefde": "Nou kan ons uit God gebore, uit die bron van Liefde leef"  Dit is presies wat Jesus ons hier probeer leer, ons moet leef uit die Bron van Liefde!

Dieselfde tyd wat Jesus my leer om binne-in SY hart te staan, sien ek in die Gees so entjie van ons af nog iemand wat in n hart staan, maar hierdie persoon staan saam met satan in n hart. Die hart lyk so anders as hierdie hart wat Jesus met Sy vinger getrek het. Daardie hart is nie op die sand getrek nie, maar uitgegrawe in die sand, eers nie baie diep nie. Daar is kettings ook - die persoon is vasgeketting binne-in satan se hart. Satan hou hierdie persoon so besig met allerhande wereldse goed dat die persoon nie eers agterkom dat satan die gat al hoe dieper en dieper om hom grawe nie. Dit lyk so maklik vir satan om hierdie gat vinnig dieper te maak sonder dat die persoon dit agterkom, want hy is te besig.  Dit is vir hierdie arme mens so lekker om rykdom bymekaar te maak en die dinge van die wereld so te geniet, dat hy nie agterkom wat besig is om om hom te gebeur nie.  En voor hy hom kan kry, is hierdie gat so diep dat die seesand van bo af intuimel op die persoon. Die persoon versmoor dan in die sand.

 

 



No comments:

Post a Comment