Watter skatkis sal jy kies?
Ek sê vir
die Here baie dankie vir Sy vreeslike baie liefde, vir Sy wonderwerke dade in
ons lewe. Hy verduidelik dat Sy
wonderwerkende krag alleenlik deur ons lewe sigbaar kan word wanneer ons
waarlik daarin begin glo, wanneer ons waarlik in Hom begin glo. Hy wys my 3 groot goue skatkiste en sit 'n
goot goue sleutel in my hand. Die Here
sê die sleutel is GELOOF. Wanneer ons
geloof kry en in Hom glo, gee Hy vir ons hierdie sleutel watse naam GELOOF is
en dit kan al hierdie goue skatkiste oopsluit, dit sluit al die seëninge vir
ons oop. Die eerste skatkis gaan oop en
daarbinne is tonne wysheid, kennis en insig.
Die 2de skatkis gaan oop, maar daar is baie goue ronde goed in, amper
soos geldstukke. Die 3de skatkis gaan
oop en dis vol bloedrooi harte. Die Here
vra my watse een wil ek hê? Die kis met
die baie kennis, die kis met die rykdom of die kis vol harte? En dadelik hardloop
ek na die kis met die rooi harte hê.
Hoekom die rooi harte i.p.v wysheid of rykdom? Want dadelik het die rooi harte vir my
simbolies uitgestaan van God se liefde, en al wat ek wil hê, is Sy liefde. Want as ek Sy Liefde kan hê, kan ek Hom begin
uitleef op aarde, dan eers kan ek Jesus se hande en voete op aarde wees. Dis al wat ek wil hê. Ek wil Hom behaag in
alles wat ek doen. Die Here sê omdat ek
eerder die harte, dus Sy Liefde gekies het bo rykdom en kennis, sal Hy die res
ook aan my toevertrou. Hy sê die Skrif
in Matt: "soek eers die koninkryk
van God en die res sal jou toegevoeg word." Jooooeee, dankie my liefde God en Vader. My hart loop so oor van liefde vir God, ek
wil net jubel en juig. Ek begin vir Hom
sing en dans en ek sing: Dit borrel in
my want ek so bly, Jesus het my lief…… En my Gees kan nie ophou om vir die Here
te sê hoe baie baie baie lief ek Hom het nie, dit borrel behoorlik binne my.
Die Here
ken ons harte, Hy weet wat in elkeen se hart aangaan, Hy deursoek ons harte
elke dag… Soek God vir Sy Liefde elke
dag, vra Hom elke dag met 'n opregte hart om Sy liefde in jou hart te deponeer. As Hy weet jy sal Sy Liefde gebruik tot eer
van Hom, sal Hy Sy liefde in jou hart deponeer dag na dag.
1 Kor
13: (1)
Al sou ek die tale van mens en engele spreek, en ek het nie die liefde
nie, dan het ek 'n klinkende metaal of 'n luidende simaal geword. (2) En
al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis
, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die
liefde nie, dan sou ek niks wees nie.
(3) En al sou ek al my goed
uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die
liefde nie, dan sou dit my niks baat nie.
(4) Die liefde is lankmoedig en
vriendelik; die liefde is nie jaloers
nie; die liefde praat nie groot nie, is
nie opgeblase nie, (5) handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie
belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, (6) is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar
is bly saam met die waarheid. (7) Dit bedek alles, glo alles, hoop alles,
verdra alles. (8) Die liefde vergaan nimmermeer; maar profesieë - hulle sal tot niet
gaan; of tale - hulle sal ophou; of kennis - dit sal tot niet gaan. (9)
Want ons ken ten dele en ons profeteer ten dele. (10)
Maar as die volmaakte gekom het, dan sal wat ten dele is, tot niet
gaan. (11) Toe ek 'n kind was, het ek gepraat soos 'n
kind, gedink soos 'n kind, geredeneer soos 'n kind; maar nou dat ek 'n man is, het ek die dinge
van 'n kind afgelê. (12) Want nou sien ons deur 'n spieël in 'n
raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig.
Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten
volle geken is. (13) En nou bly geloof, hoop, liefde - hierdie
drie; maar die grootste hiervan is die
liefde."

No comments:
Post a Comment